HomePiepie in die kooi

Piepie in die kooi

Daar is omtrent sewe miljoen kinders wat elke aand hulle bed natmaak.  Dit is 'n groep kinders wat heeltemal misverstaan word.  Baie van hierdie kinders se ouers glo dat hulle doelbewus hulle bed natmaak en dat dit uitgeskakel kan word met straf.  Ander weer, dink dat hierdie kinders te lui is om toilet toe te gaan.  Dit is verkeerde en ongelukkige opvattings. 

Badnatmaak word dikwels deur mediese faktore veroorsaak soos 'n klein blaas, fisieke onvolwassenheid of ander fisieke toestande.  Daarom moet jy 'n pediater of 'n uroloog raadpleeg wanneer jou kind sy bed natmaak.  Omtrent 50% van hierdie kinders kan met medikasie gehelp word. 

Vir ander kinders het die probleem 'n emosionele oorsprong.  Enige verandering in die psigologiese omgewing van die huis kan lei tot 'n middernagtelike nattigheid. Tydens skoolkampe behoort die roetine vir die organiseerders te wees om 'n plastiek omhulsel om die matrasse te sit vir al die kleiner besoekers.  Die angs wat wegwees van die huis af meebring veroorsaak skynbaar 'n hoë moontlikheid van bed natmaak in die eerste paar nagte. 

Daar is 'n derde faktor wat ek voel dikwels die oorsaak van enurese is.  Tydens kinders se kleuterjare maak hulle die bed nat bloot omdat hulle nog te klein is om in die nag hulle blaas te beheer.  Sommige ouers, in die poging om te keer dat so iets weer gebeur, begin om hierdie kinders in die nag wakker te maak om toilet toe te gaan.  Die kind is nog deur die slaap, maar hy of sy word aangesê om gou 'n draaitjie te gaan loop. 

Wanneer hierdie kondisionering vasgelê is, droom die kind wat snags moes gaan urineer dat hy of sy aangesê word om te "gaan".  Wanneer sulke kinders in die nag gesteur word of daar word aan hulle geroer, kan hulle maklik glo dat hulle toilet toe gelei word en dan die bed natmaak.  Ek stel voor dat ouers van groter kinders wat bed natmaak, ophou om hulle in die nag wakker te maak, selfs al sal die gewoonte nog 'n tydjie voortduur. 

Daar is ander hulpmiddels wat soms werk, soos elektroniese apparate wat 'n klok lui en die kind wakker maak wanneer die urine 'n elektriese stroombaan voltooi.  Dit kondisioneer die kind om die gevoel om te urineer te assosieer met die lui van die klok wat hom wakker maak.  Ek het al dramatiese suksesverhale gesien waar "geharde" bed natmakers binne weke deur die gebruik van sulke apparate genees is. Dit kan nie kwaad doen om dit te probeer nie. 

En onthou, kinders wat bed natmaak het bemoediging en geduld van hulle ouers nodig en hulle moet daar wees vir hulle kinders.  Dit help ook soms om te glimlag.  Ek het een keer 'n brief van 'n ma ontvang waarin sy vir my haar driejarige seuntjie se slaaptydgebed neergeskryf het.  Hy het gebid:  "Nou lê ek my neer om te slaap.  Ek maak my oë toe; ek maak die bed nat." 

deur Dr. James Dobson

 
 
Website made by Cyber Creations | web design pretoria