HomeOns SkoolSport-en Swemskool

Sport-en Swemskool

IP-IG glo daarin dat alle leerders bevoordeel moet word deur die toepassing van die korrekte stimulasie en dus het ons die Sport-en Swemskool om die nodige stimulasie te bied.

Ons glo ons nie daarin om 'n magdom van buitemuurse aktiwiteite aan te bied nie maar slegs te bied wat ons glo die leerders by sal baat. Die alegemene buitemuurse aktiwiteite soos playball, ballet, dans ens. word bv ook aangebied, maar is nie ingesluit by die skoolfonds nie.

IP-IG glo dat indien die mees belangrikste aktiwiteite saam met die skoolfonds ingesluit word alle leerlinge daarby sal baat dus het ons 'n spesiale program ontwerp vir ons inhuis sportskool.

Sportskool

Aktiwiteite word aangebied op 'n rotasiebasis waarby die volgende op gefokus word:

  • Vryspel
  • Sport
  • Sandspel
  • Klim aktiwiteite
  • Grootmotoriese vaardighede
  • Fynmotoriese vaardighede

Bogenoemde aktiwiteite is spesifiek ontwikkel vir IP-IG.

Swemskool

Ons het 'n ten volle toegeruste onderdak verhitte swembad wat heel jaar gebruik word. Die swemskool leer ons leerders water veiligheid en ook hoe om te swem. Die kleintjies word geleer hoe om die water te respekteer en hoe om ander maats in die water te akkomodeer.

Leerders word ten alle  tye vergesel van 'n gekwalifiseerde instruktise. Die aktiwiteit is nie ingesluit by die skoolfonds nie.

 
 
Website made by Cyber Creations | web design pretoria