HomeOns SkoolNaskool

IP-IG Naskoolsentrum

Nie almal is deesdae meer so bevooreg om hulle kinders in die middag by die skool te gaan haal en met tuiswerk te help nie en juis daarom het I.P.I.G ‘n naskoolsentrum gestig wat ouers sal help met die veilige versorging van hulle kinders in die middae. Die leerders word by die Laerskool gekry en Naskoolsentrum toe geneem.

Ouers moet egter let dat ons nie net die leerders versorg deur hulle magies vol te kry nie… Ons is ‘n tenvolle toegeruste Naskoolsentrum wat beskik oor die vermoë om leerders te lei met hulle daaglikse huiswerk, take en toeste, onderwyseresse wat jare se ondervinding het met die leiding van onafhanklike leer. Ons beskik ook oor ‘n rekenaarafdeling sodat leerders navorsing kan doen vir take. Ons assisteer selfs met die uitdruk van die take.

Ongelukking word hierdie fantastiese diens slegs aangebied vir leerlinge van Laerskool Rooihuiskraal Gr 1 – Gr 7.

Belangrike punte

  • Vervoer word verskaf vanaf die skool na die naskool.
  • Gebalanseerde middagete en koeldrank word voorsien met ‘n smulhappie later in die middag.
  • Indien ‘n student vervoer moet word na ‘n buitemuurse aktiwitite soos bv karate wat nie by die skool aangebied word nie kan dit gereël word, teen ‘n minimale fooi.
  • Individuele aandag met klein klassies.
  • Opgeleide personeel met jare se ondervinding.
  • Ekstra studiewerk word vir sterker en swakker leerlinge aangebied.
  • Vakansieprogram is beskikbaar.
  • Eksamentye word professioneel benader, met vraestelle ens.
  • Rekenaarsentrum met internet toegang vir navorsing met take.
  • Ouer studente het hulle eie afgesonderde studiehokkie.

Vervoer

Indien leerders aktiwiteite by Laerskool Rooihuiskraal het, word hulle met ‘n bussie soontoe geneem en weer opgelaai. Ons bussiediens is ook teen ‘n ekstra fooi beskikbaar per aktiwiteit wat in die omgewing aangebied word (bv karate, dans, lees, arkjakkers, ens.)

 

Druk op enige van die fotos om 'n vergroting te sien.

 

  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9.1
  • 9.2
  • 9.3
  • 9

 
 
Website made by Cyber Creations | web design pretoria