HomeOns SkoolBaba & Peuterskool

Ons Baba & Peuterskool

babaskool IPIG Baba en Peuterskool is ‘n uitskekende beginpunt vir enige ouer se mees kosbare geskenk. Hier sorg ons dat jou kind volop liefde en aandag kry in ‘n warm en huislike atmosfeer. Die baba en peuter afdeling is beskikbaar vir babas vanaf 4 maande af tot en met die ouderdom van 3 jaar. Na die ouderdom skuif ons die kleintjies na die kleuter kampus vir meer formele ontwikkeling en onderrig.

Ons beskik oor die mees ervare personeel om jou kleinding met sorg en liefde te lei, te vertroetel en te ontwikkel. Saam met ons personeel het ons ook ‘n babaterapeut om te verseker dat jou kleintjie optimaal sal ontwikkel. Haar rol hier is om te verseker dat jou kleinding sy of haar mylpale op die regte ouderdom bereik. Ons het ook Kinderkinetikuste en sport personeel wat help met die motoriese ontwikkeling. Alle terapeute se dienste word aangebied op ons perseel via die terapeutiesesentrum.

Ons speelgronde is uitgelê met sagte speelgras en toegerus met die nodige klim- klouter en grootmotoriese apparaat.

Peuterskool

Stimulasie - die sleutel tot sukses!

Hoe jou kleintjie se brein ontwikkel bepaal hoe hy eendag op skool en in sy latere lewe gaan vaar. Ons onderwyseresse wy hulle toe om daardie denke van kleintyd af reg te stimuleer met ‘n spesifiek uitgewerkte program. Die eerste twee jaar fokus ons juffrouens op die senso- motoriese fase van jou kind se verstandelike ontwikkeling. Die fokus is dus hoofsaaklik op sintuiglike en motoriese ontwikkeling.

In die senso – motoriese fase raak jou baba baie belangrike groot motoriese vaardighede baas: hy leer sit, kruip en rol. Na sy tweede verjaardag verfyn die motoriese bewegings en balans en word hy ook vaardiger met fyn motoriese aksies.

Ons glo stimulasie is die beginpunt van ‘n gesonde en gebalanseerde kind. Stimulasie is die sleutel tot jou kind se sukses. Ons is nie ‘n oppasdiens nie, maar eerder ‘n stimulasie sentrum. Vroeë stimulasie is algemeen in ons klasse en kan duidelik gesien word as ons maats met ander maats van dieselfde ouderdom in ander skole vergelyk word. Sosiale ontwikkeling met maats van dieselfde ouderdom is krities en dus gee ons ons maats ruimte om sosiale vaardighede aan te leer deur interaksie met maats van dieselfde ouderdom.

Individuele leiding is aan die orde van die dag en help dat ons baba afdeling van die bestes is. Vra maar vir enige van ons ouers….. Ons werk is tema – gerig en bied ons lewensorientering aan, selfs virons kleinste maatjies. Ons lê veral klem op ons maats se kinistetiese vermoëns.

Druk op enige van die fotos om 'n vergroting te sien.

  • babas-1
  • babas-10
  • babas-11
  • babas-12
  • babas-2
  • babas-3
  • babas-4
  • babas-5
  • babas-6
  • babas-7
  • babas-8
  • babas-9
 
 
Website made by Cyber Creations | web design pretoria