HomeOns Skool

Ons Skool

Ietzi Pinkz Ietzi Groenz kleuterskool in Rooihuiskraal is een van die grootste, mees indrukwekkendste skole in Centurion en dit is nie wat ons sê nie maar die ouers wie se kinders by ons is.

Hier by I.P.I.G. kleuterskool is ons trots om te sê dat ons onlangs op televisie was as een van die beste kleuterskole in Centurion. Anthonie Bougas was verstom oor die hoeveelheid passie wat ons onderwyseresse het, die toegewydheid en die werk wat ons doen. Sy woorde “een van die mees uniekste kleuterskole wat ons nog besoek het!”

Ietzi Pinkz is juis geskep om ons kinders wenners te maak en juis daarom is ons standaarde so hoog. Ons weet teen watter tempo die wêreld vandag verander en juis daarom is ons sIllabus geskoei op die Britse kurrikulum wat leerders die geleentheid gee om te ontwikkel op ‘n hoër standaard en ‘n vinniger tempo. Ons kinders moet opgewasse wees om daardie veranderinge met gemak te hanteer. Wanneer ‘n kind die regte stimulasie ontvang sal hy voorbereid wees op enige iets wat hy moet hanteer.

I.P.I.G. is opgedeel in 5 funksionele kampusse om ons kinders se veiligheid te verseker en ook om ons klassies so klein as moontlik te hou. Die kampusse is as volg:

 Is jy opsoek na 'n kleuterskool wat?

  • Jou en jou kind by die naam sal ken
  • Wat jou kind 'n voorsprong sal verseker bo maats van dieselfde ouderdom deur 'n die volg van 'n nagevorsde kurrikulum met internasionale standaarde
  • wat jou kind sal stimuleer op intellektuele, sosiale en emosionele vlak
  • jou en jou kind sal verstaan
  • jou kind se veiligheid sal verseker
  • se onderwyseresse bekwaam en toegewyd is met jare se ondervinding
  • jou kind van geboorte af kan akomodeer tot en met Graad 7
  • aparte speelgronde het waar elke kleintjie saam met sy maats kan speel
  • se gras altyd groen is
  • Se hoof en skool bestuurders deurentyd betrokke is
  • se kinders gelukkig is Welcome!

Skakel ons vandag om jou kleintjie se plek te verseker.

rooihuiskraal kleuterskool

 

 
 
Website made by Cyber Creations | web design pretoria