HomeNuwe Baba in die huis

Nuwe Baba in die huis

In die meeste huisgesinne word daar lank voor die tyd beplan aan die toevoeging van n nuwe lid aan die huisgesin. Daar word finansies bespreek, die nuwe kamer, die ekstra maandelikse uitgawes ens. Die nege maande wat volg is gewoonlik meer as genoeg om aan al die materialistiese behoeftes te voorsien van die nuwe baba, maar maak nie saak hoe goed jy voorbereid is nie as die jou tweede kind is kan jy verskillende reaksies verwag van jou eersgeborene!

Menige dinge verander die oomblik as die nuwe boetie of sussie by die huis aankom en al hierdie veranderinge kan moeilik wees vir jou eersgeborene om te hanteer al was hy so opgewonde oor die koms van die nuwe boetie of sussie. Menige male verander hulle gedrag die oomblik wat boetie of sussia by die huis aankom en ander kere eers ‘n ruk daarna. Hoe jou kind gaan reageer op die werklikheid van die nuwe boetie of sussie hang gedeeltelik af van sy temperament. Kinders wat meer aanpasbaar en gelate is aanvaar die verandering meer maklik, maar kinders wat meer sensitief is verwerk dit moeiliker en neem meer tyd om aan te pas.

Daar is menige dinge wat lei tot die verandering in gedrag. Menige ouer het my al vertel oor hoe opgewonde hulle kind was oor die koms van die nuwe boetie of sussie en nou is hy ‘n “terror”. Verander die bordjies of plaas jouself in die posisie.

Jy en jou skoonsussie kom verskriklik goed oor die weg. Jy kan selfs se julle is beste vriendinne. Jou man het ‘n hegte band met haar en hulle kan ook vir ure met mekaar sit, gesels en redeneer. Sy vra of sy net vir so 5 maande by julle kan kom bly totdat sy weer op haar voete is. Jy is opgewonde oor haar kuier, want jy dink aan die dinge wat julle saam gaan kan doen. Sy trek in en vir die eerste maand is dit verskriklik lekker totdat jy begin agterkom jou tyd met jou man raak minder, jou kombuis is skielik kleiner, jou TV is nou op ander kanale, jou “hobbyroom” is oorgeneem en sy is orals. Hoe gaan jy voel? Die opgewondenheid gaan weldra plek maak vir ander meer negatiewe gevoelens ongeag wie jy is, want die prentjie wat jy geteken het is anders as die werklikheid.

Dieselfde gebeur met jou eersgeborene, want waar hy die middelpunt van die gesin was moet hy nou sy posisie opgee. Boetie of sussie neem nou al die tyd in beslag en hy voel hy moet iets doen om die aandag weer op hom te kry…

Ouer kinders raak gewoonlik agressief of val terug na baba-gedrag bv. waar hulle vra vir ‘n bottel of selfs weer begin om broek nat te maak of in die bed te piepie. Dit is verskriklik belangrik om ouer kinders voor te berei as jy weet jy verwag. Kinders moet weet wat om te verwag en daar moet genoeg tyd gegun word om aan te pas. Wanneer die nuwe boetie of sussie daar is is daar baie dinge wat jy kan doen om die aanpassing beter te maak.

Hoe kan ek my kind voorberei vir die nuwe boetie of sussie?

Hier is ‘n paar dinge wat jy kan doen…

  • Vertel jou kind van die swangerskap voor jy vriende en familie vertel. Laat hy dit by jou hoor.
  • Indien jy jou kind wil skuif na ‘n ander kamer doen dit vroeg in jou swangerskap sodat hy nie voel hy skuif agv die nuweling wat oppad is nie. Indien jy enige ander groot veranderinge in die roetine wil aanbring doen dit so vroeg as moontlik sodat daar geen onstuimighede is in jou laaste trimester nie
  • Neem jou kind saam as jy voorgeboorteklasse toe gaan en gaan wys hom hoe lyk die hospitaal waar jy gaan kraam..
  • Gee jou kind ‘n realistiese idee of wat om te verwag as die nuwe baba kom. Moenie “sugarcoat” nie. Vertel hom jy gaan moeg wees, die baba gaan baie van jou tyd in beslag neem ens. Die nuwe boetie of sussie gaan net eet en slaap en gaan nog nie mee gespeel kan word nie ens.
  • Besoek vriende met ‘n klein babatjie indien moontlik.
  • Wys hom hoe om n babatjie te hanteer dmv bv ‘n pop.
  • Laat hom help met die voorbereiding bv. Kies van die kleur van die kamer, dekor ietems ens. Indien jou baba reeds gebore is, maak asb ‘n afspraak met Ferdinant om jou te help om enige abnormale gedrag aan te spreek en te verhoed.
 
 
Website made by Cyber Creations | web design pretoria