HomeJulie Nuusbrief

Kinders grootmaak met leiding

“…maar Ferdinant, ek weet hoe om my kind te dissiplineer. Ek doen dieselfde as wat my ouers met my gedoen het en ek het nie te “bad” uitgedraai nie…” se die Pa vir my.

Hy sit egter in my kantoor omdat daar soveel dissiplinere inskrywings in sy kind se gedragsboekie is… dit is ondermyding van gesag, boelie van ander kinders, moedswilligheid, vernielsugtigheid en nog vele meer…

“…ek kan nie verstaan hoekom hy so by die skool optree nie, want ons sukkel nie so met hom by die huis nie…” gaan hy verder aan.”…ek en sy Ma altwee is baie streng… ek dink egter hy kry meer pakslae as kos…” se hy.

Dadelik gaan die rooi ligte vir my aan, want kinders grootmaak is nie veronderstel om so moeilik te wees nie. Kinders is nie veronderstel om meer pakslae te kry as kos nie!

As jy konsekwent met elke insident optree en straf regverdig uitdeel leer jou kind om in die raamwerk wat jy stel te beweeg. Daardeur maak dit die hantering van elke daaropvolgendeoortreding makliker want jou kind kan jou optrede voorspel en weet wat die uiteinde gaan wees met elke aksie. Kinders moet met sekerheid weet wat Mamma of Pappa se optrede gaan wees as hulle iets verkeerd doen, dus die reaksie op hulle negatiewe gedrag.

Om konsekwent op te tree is kardinaal vir doeltreffende dissiplinering. Dit help nie Mamma en Pappa praat nou een keer en dissiplineer en volgende keer dissiplineer hulle eers na die derde of vierde oortreding nie. Gee jou kind die sekerheid om elke keer te weet as hy iets verkeerd gedoen het.

Makliker verduidelik beteken dit dat jy moet ophou om so baie te praat en meer moet optree. Jy moet jou kind leer dat as jy een keer praat hy moet luister. Jy moet nie vyf keer praat voordat hy reageer nie, want die nagevolg daarvan is as jy hom leer om eers te reageer op die vyfde keer hy ook gaan leer om na die vyfde keer te luister in die klaskamer…

Kinders grootmaak is maklik as jy weet wat om te doen en wanneer om wat te doen. Die probleem in die meerderheid van gevalle is egter dat ons te veel kere ons ore uitleen na die verkeerde raad! Ons steel bietjie hier met die oor en dan weer ‘n bietjie daar en maak dan ons eie reels met dit wat ons dink gaan werk vir ons.

Ouers word van alle oorde gebombardeer met info oor hoe om die beter ouer te wees dat ons vergeet wat belangrik is. Ons vergeet dat ons daar is om ons kinders op te voed, te lei en te leer wat reg en verkeerd is. Dit is ons plig en vooreg om dit te kan doen. Jou kind gaan net een Ma of Pa he. Honderde vriende in sy leeftyd, duisende kennisse maar net een Ma en Pa. Begin vandag soos jou kind se ouer op te tree en vergeet daarvan om sy vriend te probeer wees. Daar gaan genoeg geleentheid vir dit wees in latere jare…

Geen persoon of instelling kan jou rol as ouer oorneem nie. Geen leerinstelling is daar om jou kind goeie maniere te leer nie. Geen leerinstelling kan jou kind leer om grootmense te respekteer nie.

Jy le die basis en leerinstellings bou op daardie basis. Dit is belangrik dat ouers en leerinstellings hande neem en saamwerk om die beste uit ons kinders te kry.

Ons as ouers het net een kans om ons kinders reg groot te maak. Indien ons dit nou verkeerd doen is daardie een geleentheid verby en gaan ons die nagevolge dra. Kinders het verander en so ook ons ouers en dus moet ons ook ons styl van ouerskap verander.

Skakel nog vandag vir Ferdinant en maak seker dat jy weet hoe om die beste uit jou kind te kry. Moenie jou kop in die grond druk en glo jy doen alles reg nie - weet liewers jy doen alles reg. Jy het net een kans om dit reg te doen.

Daar is vele meer artikels op ons webtuiste www.ip-ig.co.za. Ons mees onlangse artikel is oor die Ontdekking van Seksualiteit by kleuters. Gaan lees gerus meer oor hoe die tye verander het en hoe vinniger ons kleuters leer en ontdek oor hulle en ander se seksualiteit, lees ook waarvoor om op te pas en hoe om voorbereid te wees op enigiets.

 
 
Website made by Cyber Creations | web design pretoria