HomeDie sekuriteitskombersie

Sekuriteitskombersie

Die sekuriteit van ‘n kombersie, speelding, beertjie of enigiets wat ‘n kind gemoedsrus gee moet met sensitiwiteit benader word. Hierdie sekuriteitsvoorwerpe verskaf jou kind van emosionele sekuriteit en dit verduidelik hulle afhanklikheid daaraan…

Gewoonlik het die sekuriteitsvoorwerp ook ‘n spesiale naam en gebruik kinders die voorwerp om veilig te voel. Hulle gebruik ook die voorwerp om hartseer te oorkom en daaglikse uitdagings te hanteer soos om bv. weg te wees van hulle ouers af. Die meeste kinders begin om die gehegtheid te toon op die ouderdom van tussen 8 en 12 maande en kan daaraan klou tot by graad R as dit nie weggeneem word nie.

Dit is egterbelangrik om hierdie emosionele afhanklikheid so vinnig as moontlik te breek aangesien hierdie afhanklikheid die kind kan verhoed om sosiaal en emosioneel te ontwikkel.

Dit word bereken dat tot 60% van jong kinders die die sekuriteitsvoorwerp gebruik om hulleself te troos en die meeste hiervan gebeur tydens bedtyd. Mens moet die rede egter verstaan hoekom jong kinders so klou aan hierdie sekuriteitsvoorwerp voordat dit weggeneem kan word.

Kinders gebruik die voorwerp om die transisie te maak tussen afhanklikheid en onafhanklikheid. Die lewe op die ouderdom is vir hulle ‘n avontuur vol opwinding en vrese. Alles is nuut en vreemd en net soos ons is hulle onseker indien hulle met iets nuut gekonfronteer word. Die sekuriteitsvoorwerp gee hulle op daardie stadium van konfrontasie die nodige selfvertroue om die konfrontasie suksesvol te hanteer.

Die nadeel is egter dat kinders naderhand glo hulle het die voorwerp nodig om situasies te hanteer.

Hoe om jou kind onafhanklik te kry

Daar is twee basiese benaderings:

  1. Neem die voorwerp net weg en hanteer jou kind se gedrag daarna. Dit is ook die moeilikste aangesien jou kind die sekuriteitsvoorwerp gaan mis en natuurlik gaan hy dit wys op verskillende maniere.
  2. Indien jou kind die sekuriteitsvoorwerp permanent saam met hom dra moet jy dit begin wegneem vir kort rukkies en eenkant sit waar jou kind dit nogsteeds kan sien maar buite bereik. Neem dit dan verder weg en vir langer periodes en dan eventueel waar jou kind dit nie meer kan sien nie maar weet waar dit is. Gee dan as volgende beloning net tydens slaaptyd en dan net as ‘n nagsoen.

Vir ‘n meer volledige uiteensetting van hoe om die proses korrek te implimenteer skakel asb die kantoor en maak ‘n afspraak met Ferdinant.

 
 
Website made by Cyber Creations | web design pretoria